×
Skakel na Engels

Slaai met krulkool en geroosterde blomkool

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Slaai met krulkool en geroosterde blomkool

Resep Bestanddele

  • 450 g blomkoolblommetjies
  • 2 e olyfolie
  • 1/8 t elk sout en peper
  • 1/4 k suurlemoensap
  • 3 e olyfolie
  • 1/2 t sout
  • 1 bossie krulkool, harde dele verwyder en gekap
  • 1/4 klein rooi-ui, in dun skyfies gesny
  • 1/3 k elk gekrummelde feta, sultanas en geroosterde dennepitte

Resep Aanwysings

    1. Plaas 450 g blomkoolblommetjies op ’n groot bakplaat en meng met 2 e olyfolie en 1/8 t elk sout en peper.
    2. Rooster dit by 230 °C vir 25 minute of totdat die stingels sag is.
    3. Klits 1/4 k suurlemoensap, 3 e olyfolie en 1/2 t sout in ’n groot bak.
    4. Meng 1 bossie krulkool, harde dele verwyder en gekap, met die slaaisous. Laat dit vir minstens 5 minute staan.
    5. Voeg die gaar blomkool, 1/4 klein rooi-ui, in dun skyfies gesny, en 1/3 k elk gekrummelde feta, sultanas en geroosterde dennepitte by die krulkool.
    6. Meng goed. Genoeg vir 4.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 550 kJ, 10 g proteïen, 27 g koolhidrate, 28 g vet (5 g versadig), 6 g vesel, 475 mg natrium.

    V: WAT MAAK DIÉ GEREG SO GOED VIR JOU HART?
    1. Baie heel (onverwerkte) bestanddele
    2. Hope groente
    3. Onversadigde vette van die peulgroente; neute en sade; en plantolies
    4. Min versadigde vet en natrium
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief