×
Skakel na Engels

Sjokolade-en-Haselneutsmeer

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Sjokolade-en-haselneutsmeer

Resep Bestanddele

  • 1 k haselneute
  • 1/2 t sout
  • 100 g donker sjokolade
  • 1 k kondensmelk  
  • 2 e glukosestroop (by spesialiteitsbakwinkels beskikbaar)
GEMENGDE-NEUTE
  • 3/4 k pekanneute  
  • 3/4 k ongesoute kasjoeneute
MOKKA
  • 2 e espressopoeier 
VANIELJE EN WHISKY
  • 2 e whisky
  • 3/4 t vanieljeekstrak
Neuterige Piesangpanini
  • 2 e sjokoladeen-haselneutsmeer
  • 4 snye sponskoek (1,5 cm dik)
  • 1/2 groot piesang
  • 1 e botter
  Sjokolade-en-Whiskeymelkskommel
  • 1/2 k vanielje-en-whiskysmeer  
  • 1 groot skep vanieljeroomys
  • 1/4 k melk
  • 1/4 k Ierse roomlikeur
   

Resep Aanwysings

    1. Rooster 1 k haselneute vir 10 minute by 190 °C in die oond op ’n bakplaat met ’n rand. Skud die plaat een of twee keer tussenin. Draai die warm haselneute in handdoekpapier toe en rol deeglik om die meeste van die skilletjies te verwyder. Laat heeltemal afkoel.
    2. Verwerk die geskilde haselneute en 1/2 t sout in ’n voedselverwerker tot taamlik glad en loperig (sowat 8 minute). Stop af en toe om die bak se rande af te skraap.
    3. Smelt 100 g donker sjokolade, fyngekap, in ’n middelslag-bak in die mikrogolf in 20-sekonde-sarsies; roer 1 k kondensmelk en 2 e glukosestroop (by spesialiteitsbakwinkels beskikbaar) by. Voeg die sjokolademengsel by die fyngemaakte haselneute en pols tot net gemeng. Maak sowat 2 k. Bêre vir tot twee weke in ’n lugdigte houer by kamertemperatuur
    Kikker dit op Maak dié prettige kombinasies met die basiese sjokolade-enhaselneutsmeer: GEMENGDE-NEUTE Slaan stap 1 oor. Vervang die haselneute deur 3/4 k pekanneute en 3/4 k ongesoute kasjoeneute in stap 2. MOKKA Voeg 2 e espressopoeier by die gesmelte sjokolade in stap 3. VANIELJE EN WHISKY Voeg 2 e whisky en 3/4 t vanieljeekstrak by die neute in stap 2 voordat jy dit verwerk. Neuterige Piesangpanini   Smeer 2 e sjokoladeen-haselneutsmeer op 4 snye (1,5 cm dik) sponskoek. Pak 1/2 groot piesang, in skyfies gesny, op 2 snye koek en bedek dan met die ander 2 snye koek. Smelt 1 e botter oor matige hitte in ’n kleefwerende 20 cm-pan. Plaas die “toebroodjies” in die pan en druk dit liggies met ’n ander pot of pan plat. Braai vir 4 tot 5 minute totdat die onderkant bruin is en draai dit dan om. Genoeg vir 2. Sjokolade-en-Whiskeymelkskommel Vermeng 1/2 k vanielje-en-whiskysmeer met 1 groot skep vanieljeroomys, 1/4 k melk en 1/4 k Ierse roomlikeur tot glad. Genoeg vir 1.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief