×
Skakel na Engels

Sjokolade-brownies met sjokolade-ganache en grondboontjiebroslekkers

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIR DIE SJOKOLADE-BROWNIES:
  • 1 k water
  • 125 g margarien
  • ½ k olie
  • ¼ k kakao
  • 2 k suiker
  • 2 k meel
  • ½ t sout
  • ½ t koeksoda
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 eiers
  • 1 k pekanneute, fyngekap
VIR DIE GANACHE:
  • 75 ml Nestlé Dessert Cream
  • 90 g donker sjokolade, fyngekap
  • grondboontjie-broslekker, grofgekap

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer en voer die basis van ’n vierkantige 20 cm-bakpan met bakpapier uit.
    2. Meng die water, margarien, olie en kakao en verhit in ’n groot mikrogolfbestande bak in die mikrogolfoond tot gesmelt.
    3. Voeg die suiker, meel en sout by en klits tot gemeng.
    4. Voeg die koeksoda, vanielje en eiers by.
    5. Klits met ’n elektriese klitser vir sowat 3 minute.
    6. Voeg die gekapte neute by en meng deeglik.
    7. Giet in die gesmeerde bakpan. Bak vir 20 tot 30 minute.
    8. Maak die ganache: Bring die room tot net voor kookpunt in ’n klein kastrol.
    9. Plaas die sjokolade in ’n bak en giet die warm room oor die sjokolade. Roer deeglik totdat die ganache glad en blink is. Laat afkoel.
    10. Sodra die brownies heeltemal afgekoel het, sny dit in 3 cm-blokkies en bedek dit met die ganache. Sprinkel die gekapte grondboontjie-broslekkers bo-oor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief