×
Skakel na Engels

Sampioen-quesadillas

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e olyfolie
  • 170 g gesnyde sampioene
  • ¼ t sout
  • ½ k salsa
  • ½ k bevrore mielies
  • 4 x 20 cm-meeltortillas
  • 1 k gerasperde goudakaas
  • suurroom, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olyfolie oor matige hitte in ’n 25 cm-pan. Voeg die sampioene en sout by. Soteer vir 4 minute.
    2. Roer die salsa en bevrore mielies by. Laat kook vir 2 minute.
    3. Rangskik nou die meeltortillas op ’n groot bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verdeel die sampioenmengsel tussen die tortillas en sprinkel die gerasperde goudakaas oor.
    4.  Vou die tortillas om halfmane te vorm en spuit die bokante met kossproei. Bak by 250 °C vir 6 minute.
    5. Draai die quesadillas om en bak vir nog 6 minute.
    6. Sit voor met suurroom.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 340 kJ, 12 g proteïen, 33 g koolhidrate, 16 g vet (6 g versadig), 2 g vesel, 960 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief