×
Skakel na Engels

Saad-en-Neutbeskuit

  • 24
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Saad-en-Neutbeskuit

Resep Bestanddele

  • 1/2 k amandelmeel
  • 1 k klappermeel
  • 1 k glutenvrye hawermout
  • 1/2 k droë klapper (of gebruik spysverteringsemels)
  • 3 e psilliumvesel
  • 1/2 e koeksoda
  • 1/2 e bakpoeier
  • 1/2 k grofgekapte pekanneute of amandels
  • 1/2 k droë bosbessies
  • 1/2 k sonneblomsaad
  • 1/2 k pampoenpitte
  • 1/4 k lynsaad
  • 1 t fyn kaneel
  • 1 t fyn gemmer
  • 1 t fyn wonderpeper
  • 1/2 k klappersuiker (of rysmoutstroop)
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 1 k karringmelk of klappermelk (of 1/4 k ongegeurde volroomjogurt wat met 1/4 k melk gemeng is)
  • 1/2 k klapperolie of gesmelte botter
  • 1 k water
  • 1 t sout
  • 1 t vanielje-ekstrak

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n groot, diep bakplaat (sowat 22 cm x 30 cm) liggies en voer dit met bakpapier uit. 2. Plaas die 2 mele, hawermout, klapper, psilliumvesel, koeksoda en bakpoeier in ’n groot mengbak en klits tot goed gemeng. Voeg die oorblywende bestanddele by en meng weer. (Meng met die hand, of gebruik ’n staanmenger met ’n deeghaak.) As die mengsel te droog is om te meng, voeg ’n bietjie melk of louwarm water by. 3. Skep die beslag op die bakplaat en druk dit liggies vas om dit netjies en egalig te maak. Bak vir 45 tot 50 minute of tot goudkleurig. 4. Haal die bakplaat uit die oond en laat die beskuit tot kamertemperatuur afkoel voordat jy dit sny (sowat 2,5 cm x 5 cm). Plaas die beskuit op ’n afkoelrak (sodat dit eweredig uitdroog) bo-op ’n bakplaat in die oond. Verlaag die temperatuur na 100 °C en bak vir nog 2 tot 3 uur of totdat die beskuit goudkleurig en taamlik bros is. Skakel die oond af en laat die beskuit heeltemal uitdroog – minstens 5 uur of selfs oornag. Dit sal die beskuit lekker bros maak. Dis baie belangrik!
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief