×
Skakel na Engels

Rokerige beessosaties met koolslaai

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 3 x 300 g kruisskywe, vet afgesny
  • 2 t soet gerookte paprika
  • 2 e braaivleisgeursous, plus ekstra vir opdiening
  • sout en peper
  • ½ klein rooi of wit kool, gesnipper
  • 150 g ongegeurde jogurt
  • 2 e mayonnaise
  • sap van ½ suurlemoen
  • ’n klein hand vol vars pietersielie, gekap
JY BENODIG OOK
  • 12 hout- of metaalsosatiestokkies (as jy hout gebruik, laat week dit vir 10 minute in water voordat jy dit gebruik)

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220 °C.
    2. Sny elke kruisskyf oorlangs in 4 dik repe (om in totaal 12 repe te kry) en plaas dit in ’n bak. Roer die gerookte paprika, braaivleisgeursous en geurmiddels na smaak daarby in. Ryg die repe op die sosatiestokkies, pak op ’n bakplaat en giet van die sous oor. Rooster vir 8 tot 10 minute vir halfgaar vleis (of langer of korter soos jy verkies).
    3. Meng intussen die kool, jogurt, mayonnaise, suurlemoensap, pietersielie en heelwat geurmiddels in ’n groot bak. Hou eenkant.
    4. Sit die sosaties (bedruip met enige sous wat op die bakplaat oorbly) voor saam met die koolslaai, ’n bietjie ekstra braaivleisgeursous en broodrolletjies of geroosterde patatwiggies as jy wil.
    ELKE PORSIE: 1 570 kJ, 52 g proteïen, 15 g vet (5 g versadigde vet), 6 g koolhidrate (6 g suiker), 2 g vesel.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief