×
Skakel na Engels

Reënboogrolletjies

  • 30 min
  • 20 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Reënboogrolletjies

Resep Bestanddele

  • 1/4 k rysasyn
  • 2 e vissous
  • 2 e vars lemmetjiesap
  • 2 t suiker
  • 1 t Oosterse brandrissiesous
  • 16 ryspapiervelle vir Chinese rolletjies
VULSELS
  • 1 middelslagwortel, geskil en in vuurhoutjierepies gesny
  • 1 groot soetrissie, in dun repies gesny
  • 1 avokado, in dun repies gesny
  • 1 mango, in dun repies gesny
  • 5 bindslaaiblare (cos), in dun repies gesny
  • 3/4 k gerasperde rou beet ment- en koljanderblare

Resep Aanwysings

    1. Klits die asyn, vissous, lemmetjiesap, suiker, brandrissiesous en 1/4 k warm water in ’n klein bakkie totdat die suiker opgelos het; plaas eenkant.
    2. Tap warm water in ’n groot, vlak bak en week 1 vel ryspapier vir 10 tot 15 sekondes daarin om sag te raak. Plaas dit op ’n effense klam oppervlak en stryk dit versigtig in ’n sirkel glad. Herhaal met nog ’n vel ryspapier en plaas dit boop die eerste een.
    3. Plaas ’n bietjie van elke vulsel (sowat ’n agtste) op die onderste derde van die ryspapier en sit ’n paar blare bo-op. Vou die onderkant van die ryspapier bo-oor die vulsel toe en rol dit versigtig op. Vou die punte van die ryspapier binnetoe en rol om dit heeltemal te seël.
    4. Herhaal die proses totdat al die vulsels op is; hou die gevulde rolletjies met ’n klam vadoek bedek. (Jy kan dit tot 2 uur vooraf berei. Bedek met ’n klam vadoek en kleefplastiek.) Sit met die doopsous voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 670 kJ, 4 g proteïen, 28 g koolhidrate, 4 g vet (1 g versadig), 4 g vesel, 30 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief