×
Skakel na Engels

Ravioli met artisjok-pesto

  • 15 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Ravioli met artisjok-pesto

Resep Bestanddele

  • 50 g basilie, stingels ingesluit
  • 150 g geroosterde artisjokke in olie (hou die olie)
  • 50 g okkerneute
  • 50 g parmesaan of ’n vegetariese alternatief,  grofgerasper, plus ekstra vir opdiening
  • sowat 600 g spinasie-enricotta-
  • ravioli of -tortellini
  • ekstrasuiwer olyfolie

Resep Aanwysings

    1. Hou ’n paar basilieblare vir garnering uit. Plaas die res (stingels en al) in ’n voedselverwerker saam met die artisjokke, sowat 4 e olie (jy kan die artisjokke se olie en olyfolie meng), die meeste van die okkerneute, die parmesaan en geurmiddels. Blits totdat dit ’n growwe pestoagtige tekstuur het.
    2. Bring ’n groot kastrol water tot kookpunt en kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking.
    3. Dreineer die pasta wanneer dit gaar is en hou ’n koppie van die kookwater uit. Skep die pesto in die leë kastrol en plaas oor lae hitte. Roer van die pastawater daarby in om dit te verdun. Voeg die gaar pasta by en meng liggies om dit met die pesto te bedek. Verdeel dit tussen 4 bakkies. Garneer met die orige okkerneute, basilieblare en parmesaan.
    ELKE PORSIE Sowat 2 060 kJ, 17 g proteïen, 29 g vet (8 g versadig), 38 g koolhidrate (3 g totale suiker), 7 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief