×
Skakel na Engels

Ranch-sous

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Ranch-sous

Resep Bestanddele

RANCH-SOUS:
  • 1/3 koppie Griekse jogurt
  • 3/4 koppie karringmelk
  • 1/2 koppie mayonnaise
  • 2 e suurlemoensap
  • 1 t Dijon-mosterd
  • 1 knoffelhuisie
  • ’n Knippie suiker
  • 3/4 t sout
  • 1/4 t peper
  • 1/2 koppie losweg saamgepakte pietersielie
  • 2 e geknipte grasuie

AVO-EN-LEMMETJIE:

  • 1 klein, ryp avokado, fyngedruk
  • 3/4 koppie karringmelk
  • 1/2 koppie mayonnaise
  • 3 t lemmetjiesap
  • 1 knoffelhuisie
  • ’n Knippie suiker
  • 3 e sojasous
  • 1/4 t peper
  • 1/2 koppie losweg saamgepakte pietersielie
  • 2 e geknipte grasuie

PIKANTE CHIPOTLE:

  • 1/3 koppie Griekse jogurt
  • 3/4 koppie karringmelk
  • 1/2 koppie mayonnaise
  • 2 e suurlemoensap
  • 1 t Dijon-mosterd
  • 1 knoffelhuisie
  • ’n Knippie suiker
  • 3/4 t sout
  • 1/4 t peper
  • 1/2 koppie losweg saamgepakte koljanderblare
  • 2 e geknipte grasuie
  • 2 klein vars of gedroogde, gerookte brandrissies

GROEN GODIN: 

  • 1/3 koppie Griekse jogurt
  • 3/4 koppie karringmelk
  • 1/2 koppie mayonnaise
  • 2 e suurlemoensap
  • 1 t Dijon-mosterd
  • 1 knoffelhuisie
  • ’n Knippie suiker
  • 3/4 t sout
  • 1/4 t peper
  • 1/2 koppie losweg saamgepakte pietersielie
  • 2 e geknipte grasuie
  • 4 ansjovisse
  • 1/4 k diggepakte basilie
  • 3 e dragon

Resep Aanwysings

    RANCH-SOUS:
    1. Vermeng 1/3 koppie Griekse jogurt, 3/4 koppie karringmelk, 1/2 koppie mayonnaise, 2 e suurlemoensap en 1 t Dijon-mosterd in ’n vermenger.
    2. Voeg 1 knoffelhuisie, ’n knippie suiker, 3/4 t sout en 1/4 t peper by. Zirts tot glad.
    3. Voeg 1/2 koppie losweg saamgepakte pietersielie en 2 e geknipte grasuie by en zirts tot fyngekap.
    4. Maak sowat 2 1/4 koppies. Jy kan dit tot 2 weke in die yskas bêre.
    5. Die sous kan skei wanneer dit koud is. Roer voor opdiening om te bind.

    AVO-EN-LEMMETJIE:

    1. Vervang die suurlemoensap met 3 t lemmetjiesap; die sout met 3 e sojasous; en die jogurt en die Dijonmosterd met 1 klein, ryp avokado, fyngedruk. Maak sowat 2 koppies.

    PIKANTE CHIPOTLE:

    1. In stap 1, voeg 2 klein vars of gedroogde, gerookte brandrissies, gekap, by en vervang die pietersielie met vars koljanderblare. Maak sowat 2 1/2 koppies.

    GROEN GODIN: 

    1. In stap 1, voeg 4 ansjovisse by. In stap 2, voeg 1/4 k diggepakte basilie en 3 e dragon by. Maak sowat 2 1/2 koppies.

    PLUS:

    1. Gebruik jou ranch-slaaisous as ’n marinade vir hoendervlerkies; meng dit met roomkaas vir ’n doopsous; gebruik dit as ’n vulsel vir aartappelskille; skep dit bo-op gebakte aartappels; of meng dit by koolslaai – vervang die helfte van die mayonaisse met die ranch-slaaisous.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief