×
Skakel na Engels

Quiche met tamatie en bokmelkkaas

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1¼ k meel, plus nog vir uitrol
  • 1 t suiker
  • ½ t sout
  • ½ k koue botter of margarien, in blokke gesny
  • 2 tot 3 e yswater
  • 2 e ekstrasuiwer olyfolie
  • 340 g sprietuie of salotte, fyngekap (1 ¾ k)
  • knippie cayennepeper
  • 5 groot eiers
  • 1¾ k volroommelk
  • 110 g bokmelkkaas, gekrummel
  • ¾ k pruimtamaties, pitte verwyder en fyngekap
  • gekapte vars pietersielie, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Meng die meel, suiker, en ¼ t sout in ’n kosverwerker (gebruik die mesaksie). Voeg botter of margarien by en pols totdat dit soos growwe krummels lyk. Sprinkel yswater by, 1 e op ’n slag. Pols ná elke byvoeging totdat groot, klam krummels vorm.
    2. Vorm die deeg in ’n sirkel en draai in kleefplastiek toe. Verkoel vir 30 minute of oornag (indien oornag, haal so 30 minute voordat jy dit wil rol uit die yskas).
    3. Voorverhit oond tot 200 °C. Rol die deeg nou met ’n meelbestrooide koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uit om ’n 30 cm-sirkel te vorm. Voer ’n quichepan versigtig met die deeg uit sonder om dit te trek. Sny die oorhangkante af. Vries vir 15 minute.
    4. Voer die deeg met foelie uit en vul met pasteigewiggies, droë bone of rou rys. Bak blind vir 25 tot 30 minute of totdat dit droog gebak is. Haal die foelie en gewiggies uit en bak vir 10 tot 15 minute tot goudbruin. Skep die kors oor op ’n bakplaat.
    5. Terwyl die kors bak, verhit olie op matige hitte in ’n 30 cm-pan. Voeg die uie, cayennepeper en 1/8 t sout by. Braai vir 6 tot 8 minute of tot sag, roer gereeld.
    6. Klits die eiers tot goed gemeng in ’n groot bak. Klits die melk by tot glad. Roer die bokmelkkaas, tamaties, gaar uie en 1/8 t sout by. Giet die mengsel versigtig in die kors.
    7. Bak vir 30 tot 35 minute of totdat die kante geset en die middel nog effens loperig is. Laat koel op ’n draadrak af tot kamertemperatuur. Garneer met pietersielie.
      ELKE PORSIE: Sowat 1 840 kJ, 15 g proteïen, 28 g koolhidrate, 31 g totale vet (16 g versadigde vet), 2 g vesel, 212 mg cholesterol, 495 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief