×
Skakel na Engels

Prutpot-hoender met neute-enkruiesous

  • 40 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Prutpot-hoender met neute-enkruiesous

Resep Bestanddele

  • 1 middelslag-ui, in 1 cm skywe gesny
  • 2 e olyfolie
  • 1 e fyn koljander
  • 1/4 t fyn kaneel
  • 1 heel hoender (sowat 1,8 kg)
  • 2/3 k okkerneute, gerooster
  • 1/2 k vars kruisementblare, en ekstra vir garnering
  • 1/2 k vars basilieblare
  • 1 e suurlemoensap
  • 6 platbrode, gerooster
  • kool-en-koolraapslaai (heel onder)

Resep Aanwysings

    1. Plaas die ui in ’n enkellaag in die middel van die bodem van ’n 6 - tot 8 -prutpot se bak. Meng die olie, koljander, kaneel en 1/2 t swartpeper en vryf dit oor die buite- en binnekant van die hoender. Bind die boudjies met kombuistou aanmekaar vas. Sprinkel 3/4 t sout oraloor. Plaas die hoender op die ui in die prutpot se bak.
    2. Bedek en laat prut op hoë hitte vir 4 uur. Plaas die hoender op ’n snyplank.
    3. Maak 1 k van die vloeistof in die prutpot in ’n vermenger fyn saam met die ui, okkerneute, kruisement, basilie, suurlemoensap en 1/4 t sout tot glad. Sit die hoender met die kruiesous, platbrode en koolen- koolraapslaai voor.
    KOOL-ENKOOLRAAPSLAAI
    1. Meng 4 k dungekerfde rooikool; 2 klein knolle koolraap, geskil en in vuurhoutjierepies gesny; 1 komkommer, kern verwyder en in vuurhoutjierepies gesny; 1/2 k vars pietersielie; 2 sprietuie, teen ’n hoek in dun skyfies gesny; 1/4 k suurlemoensap; en 1/4 t sout.
    ELKE PORSIE Sowat 3 290 kJ, 45 g proteïen, 54 g koolhidrate, 44 g vet (11 g versadig), 7 g vesel
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief