×
Skakel na Engels

Provensaalse salm met murgpampoentjies

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Provensaalse salm met murgpampoentjies

Resep Bestanddele

  • 1 e olyfolie
  • 4 stukke salmfilet (150 g elk), vel verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 groot blik (800 g) heel tamaties in tamatiesap
  • 1 klein ui, fyngekap
  • ¼ k kalamata-olywe, fyngekap
  • 1 e kappertjiesade, gedreineer en fyngekap
  • 3 middelslag-murgpampoentjies (250 g elk)
  • 1 e vars suurlemoensap

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n 30 cm-pan tot warm oor medium tot hoë hitte. Geur salm egalig aan albei kante met ¼ teelepel sout en ’n knippie peper. Braai die salm vir 3 minute. Verlaag hitte tot medium; draai dit om en braai 3 tot 5 minute langer of tot regdeur ondeursigtig.
    2. Dreineer intussen die tamaties; sit ¼ koppie sap opsy. Kap tamaties fyn.
    3. Skep salm op bord; bedek met tinfoelie om warm te hou. Voeg uie by braaipan en kook vir 5 minute of tot sag. Roer tamaties by, tesame met die sap wat jy opsygesit het; verhit tot kookpunt. Kook 2 minute lank of tot sous verdik terwyl jy aanhoudend roer. Verwyder van hitte; roer olywe en kappertjiesade by.
    4. Terwyl tamatiesous kook, sny elke murgpampoentjie lengtegewys in die helfte, sny dan oorkruis in skyfies van 0,7 cm dik.
    5. Plaas murgpampoentjies en 2 eetlepels water in ’n medium bak. Bedek met geprikte kleefplastiek en kook in mikrogolf op hoë hitte vir 5 minute of tot net sag genoeg om met ’n vurk stukkend te steek. Dreineer murgpampoentjies; voeg suurlemoensap by en meng.
    6. Plaas salm op individuele borde; skep tamatie-olyf-en-kappertjiesaadmengsel bo-oor en sit voor met murgpampoentjies.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 470 kJ, 38 g proteïen, 15 g koolhidrate, 16 g totale vet (2 g versadigde vet), 5 g vesel, 94 mg cholesterol, 585 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief