×
Skakel na Engels

Provensaalse mossels

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
provensaalse mossels

Resep Bestanddele

  • 2 e olyfolie
  • 1 middelslag-vinkelbol
  • 4 knoffelhuisies
  • ¼ t sout
  • 2 groot tamaties
  • ½ k pastis (anyssaadgegeurde likeur)
  • 1 kg mossels

Resep Aanwysings

    1. Verhit 2 e olyfolie in ’n 7- tot 8 ℓ-pot oor matige hitte. Voeg 1 middelslag-vinkelbol, kern verwyder en opgesny; 4 knoffelhuisies, gekap; en ¼ t sout by en braai dit vir 5 minute terwyl jy gereeld roer. Voeg 2 groot tamaties, gekap, en ½ k pastis (anyssaadgegeurde likeur) by.
    2. Laat prut vir 3 minute. Voeg 1 kg mossels, skoongemaak en “baarde” verwyder, by. Bedek en laat vir 3 tot 5 minute kook of totdat die mossels oopgaan. Roer af en toe. Sit met ’n baguette voor.

    ELKE PORSIE: (met baguette) Sowat 1 760 kJ, 18 g proteïen, 66 g koolhidrate, 10 g vet (2 g versadig), 5 g vesel, 835 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief