×
Skakel na Engels

Polenta-pizza

  • 15 min
  • 20 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 750 ml sterk groente-aftreksel
  • 175 g fyn polenta (droog)
  • 40 g varsgerasperde parmesaankaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 75 g tamatiepuree
  • 1½ e ekstrasuiwer olyfolie
  • 1½ t droë origanum
  • 1 e water
  • 125 g-bal buffelmozzarella, in stukke geskeur
  • 200 g groente-antipasti
  • ’n groot hand vol roketblare, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220 °C. Voer ’n groot bakplaat met waspapier uit. Giet die aftreksel in ’n groot kastrol, bring tot kookpunt en roer die polenta by. Roer aanhoudend en laat prut vir 5 minute totdat die mengsel verdik het. Wees versigtig, want dit kan spat! Roer die parmesaan en geurmiddels by en keer die mengsel dan op die uitgevoerde bakplaat uit. Sprei dit uit om ’n sirkel van 30 cm in deursnee te vorm. Laat afkoel terwyl jy die bolaag berei.
    2. Maak ’n sous deur die tamatiepuree, olie, origanum en 1 e water in ’n klein bakkie te meng. Smeer dit egalig oor die polentabasis en los ’n 2 cm-rand oop.
    3. Strooi die mozzarella en groente oor en bak in die oond vir 15 minute of totdat die kaas borrel en goudkleurig is. Strooi die roket oor, sny die pizza in kwarte en sit voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 500 kJ, 16 g vet (7 g versadigde vet), 37 g koolhidrate (5 g totale suiker), 15 g proteïen, 2 g vesel.

     

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief