×

Pizza met eier en aartappel

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 150 g babaspinasie
  • 1 k Italiaanse tamatiesous
  • 680 g-bal pizzeriadeeg (sien DEEGWENK)
  • 120 g mozzarellakaas, gerasper
  • 120 g beleë cheddarkaas, gerasper
  • 230 g bevrore aartappelkrokette (2 k)
  • 6 groot eiers
  • ¼ t sout
  • ¼ t varsgemaalde peper

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 250 °C. Plaas die spinasie in ’n groot bak, bedek met kleefplastiek, prik die plastiek en mikrogolf vir twee minute op hoog. Druk droog sodra dit koel genoeg is om te hanteer.
    2. Smeer die sous heeltemal oor die deeg. Bedek met die kase, spinasie en aartappelkrokette. Bak vir 25 minute. Breek die eiers bo-op die pizza, sowat 5 cm uitmekaar; sprinkel ¼ elk sout en peper op die eiers. Bak vir 5 minute of totdat die witte geset, maar die geel steeds loperig is.
    DEEGWENK Koop ’n bal deeg van 680 g by jou plaaslike pizzeria. Verf ’n bakplaat met ¼ k olie voordat jy die deeg op die bakplaat plaas en dit rek om te laat pas. Bedek dadelik met bolae (jy hoef die deeg nie eers te laat rys nie), maar laat die deeg vir 15 minute teen kamertemperatuur rus as dit terugspring en probeer dan weer.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief