×
Skakel na Engels

Pizza met braaihoender en “ranch”-sous

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • ¾ k ricottakaas
  • ¼ k “ranch”-sous
  • 680 g-bal gekoopte pizzeriadeeg (sien DEEGWENK)
  • ½ k rissiesous
  • 3 e ongesoute botter, gesmelt
  • 1 e witasyn
  • 3 k fyngekerfde braaihoender (sowat 340 g)
  • 60 g bloukaas, gekrummel
  • dungesnyde sprietuie, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 250 °C. Roer die ricottakaas en “ranch”-sous saam en smeer heeltemal oor die deeg. Bak vir 15 minute.
    2. Klits intussen die rissiesous, botter en asyn saam in ’n middelslag-bak. Voeg die hoender by en meng om te bedek. Sprinkel die hoender oor die ricottamengsel. Sprinkel die bloukaas oor.
    3. Bak vir 20 tot 25 minute of totdat die onderkant van die kors goudkleurig is. Garneer met sprietuie. 
      DEEGWENK Koop ’n bal deeg van 680 g by jou plaaslike pizzeria. Verf ’n bakplaat met ¼ k olie voordat jy die deeg op die bakplaat plaas en dit rek om te laat pas. Bedek dadelik met bolae (jy hoef die deeg nie eers te laat rys nie), maar laat die deeg vir 15 minute teen kamertemperatuur rus as dit terugspring en probeer dan weer.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief