×
Skakel na Engels

Pitas gevul met tandoori-hoender

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 75 g gewone laevet-jogurt, plus ekstra vir opdiening (opsioneel)
  • 3 e tandoori-pasta
  • 1 t mielieblom
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 vellose hoenderborsies
  • groente-olie vir panbraai
  • 4 volgraanpitabrode
  • ¼ ysbergslaaikop, fyngekerf
  • 2 tamaties, gesny
  • ’n groot hand vol vars koljanderblare
  • 1 suurlemoen, in wiggies gesny
  • mangoblatjang, opsioneel

Resep Aanwysings

    1. Meng die jogurt, tandoori-pasta, mielieblom en geurmiddels saam in ’n groot bak. Voeg die hoender by en meng totdat alles bedek is.
    2. Verhit ’n geriffelde pan oor matige hitte en braai die hoender vir 15 minute tot deurgaar; draai een keer om.
    3. Rooster intussen die pitas en halveer dit. Sny die gaar hoender teen ’n hoek in repe en stop dit saam met die slaai, tamatie en koljanderblare in elke pita. Sit dit saam met suurlemoenwiggies, mangoblatjang en jogurt voor.

    ELKE PORSIE:   Sowat 1 850 kJ, 8 g vet (1 g versadigde vet), 48 g koolhidrate (5 g totale suiker).

    WENK:  As jy nie ’n riffelpan het nie kan jy die hoender in stap 2 vir 12 tot 15 minute onder ’n oondrooster bak tot dit goudkleurig en deurgaar is. Draai een keer om.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief