×
Skakel na Engels

Pikante oosterse allegaartjie

  • 25 min
  • 10 min
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Pikante oosterse allegaartjie

Resep Bestanddele

  • 1/2 k Koreaanse rooirissiepasta (gochujang) of ’n mengsel van rissievlokkies, sojasous en ’n knippie suiker
  • 2 e geroosterde-sesamolie
  • 1 e sojasous
  • 1 e suiker
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 450 g biefbinneboud, teen die grein in baie dun 5 cm lange skywe gesny
  • 340 g middelslag-sjiitakesampioene, stingels verwyder
  • 1 komkommer, in skyfies gesny
  • 1/4 k rysasyn
  • 140 g babaspinasie
  • 6 k gaar, warm wit rys 
  • dun skyfies sprietuie, gerasperde wortels, kimchi en sesamsaad, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Klits die rooirissiepasta, sesamolie, sojasous, suiker, knoffel en . k water in ’n groot bak tot glad; plaas 1/2 k van die sous eenkant. Voeg die beesvleis en ’n knippie sout by die res van die sous in die bak en meng om te bedek. Laat staan dit vir minstens 10 minute of verkoel tot so lank as oornag.
    2. Plaas die bief en sampioene in die drukkoker. Bedek, sluit die deksel en verhoog die druk oor hoë hitte. Verlaag die hitte na mediumlaag, maar behou die druk. Laat kook vir 10 minute.
    3. Meng intussen die komkommer met die asyn en 1/4 t sout; plaas eenkant.
    4. Stel die stoom vinnig vry deur die knoppie op die deksel te druk. Verdeel die spinasie tussen 6 opdienbakkies; skep 1 k rys in elkeen. Dreineer die komkommer. Skep beesvleis, kampioene, komkommer, sprietuie, wortels, kimchi en sesamzaad oor die rys; bedruip met die sous wat jy eenkant gehou het.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief