×
Skakel na Engels

Pikante kerrie

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Pikante kerrie

Resep Bestanddele

  • olyfolie, vir braai
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml gekneusde knoffel
  • 15 ml matige of matigsterk kerriepoeier
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml fyn gemmer
  • 5 ml borrie
  • 4 kardemompeule
  • 1 rissie, saadjies verwyder en gekap (opsioneel)
  • 800 g hoender-, bees-, kalfs- of lamsvleisblokkies
  • 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
  • 1 rooi soetrissie, saadjies verwyder en in ringe gesny
  • 350 g groenbone, in lengtes van 3 cm gesny
  • 2 groot patats, geskil en in blokkies gesny
  • sout en peper

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag.
    2. Voeg die kerriepoeier, koljander, gemmer, borrie, kardemom en rissie (as jy dit gebruik) by en laat kook vir 5 minute.
    3. Voeg jou keuse van vleis by die kerriemengsel en laat dit verbruin. Voeg die gekapte tamaties by en meng deur.
    4. Voeg die rooi soetrissie, groenbone en patats by.
    5. Skep alles in ’n drukkoker en kook dit vir 45 tot 60 minute. Geur na smaak.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief