×
Skakel na Engels

Pikante bánh mì-toebroodjies

  • 10 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 geroosterde jerk-hoender
  • (resep hiernaas)
  • 1 k mayonnaise
  • 6 broodrolletjies, middeldeur gesny en liggies gerooster
  • 1 komkommer, in skyfies gesny
  • 3/4 k gerasperde wortels
  • 1/2 k vars koljanderblare
  • Sriracha, na smaak

Resep Aanwysings

    Sny die hoender van die been af en gooi die vel en bene weg. Sny die hoender in dun skyfies. Smeer mayonnaise op die rolletjies en plaas die hoender, komkommer, wortels en koljander bo-op. Bedruip met Sriracha.

    ELKE PORSIE Sowat 2 555 kJ, 34 g proteïen, 25 g koolhidrate, 41 g vet (7 g versadig), 2 g vesel, 680 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief