×
Skakel na Engels

Piesangbrood

  • 20 min
  • 80 min
  • 16
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 k veeldoelige meel
  • ¾ t koeksoda
  • ½ t sout
  • 2 k baie ryp (4 middelslag-) piesangs, fyngedruk
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • ½ k botter, saggemaak
  • ½ k witsuiker
  • ½ k bruinsuiker
  • 2 groot eiers

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n 20 x 12 cm-metaalbroodpan.
    2. Klits die meel, koeksoda en sout met ’n draadklitser in ’n middelslagbak saam.
    3. Roer die piesang en vanielje in ’n aparte klein bakkie tot gemeng.
    4. Klits die botter en albei suikers in ’n groot bak met die menger op matige spoed tot lig en donsig.
    5. Klits die eiers een-een by. Verminder die spoed tot laag; voeg die meel- en die piesangmengsel om die beurt by en eindig met die meelmengsel.
    6. Skraap die bak se rande af en toe met ’n rubberspatel. Klits die beslag tot gemeng.
    7. Giet die beslag in die voorbereide pan. Bak totdat ’n tandestokkie skoon uitkom wanneer jy dit in die middel insteek (sowat 1 uur).
    8. Laat dit vir 10 minute in die pan op ’n draadrak afkoel; haal uit die pan en laat dit heeltemal op die draadrak afkoel voordat jy dit sny. 

    ELKE PORSIE: Sowat 840 kJ, 3 g proteïen, 32 g koolhidrate, 7 g vet (4 g versadig), 1 g vesel, 205 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief