×
Skakel na Engels

Perske-en-pekanfrummel tert

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Perske-en-pekanfrummel tert

Resep Bestanddele

  • 1 x tertdeeg (resep onder)
KRUMMELLAAG
  • 1/2 k koekmeel
  • 1/4 k hawermout
  • 1/4 k bruinsuiker
  • 1/4 k gekapte pekanneute
  • 1/2 t gerasperde suurlemoenskil
  • 1/8 t sout
  • 3 e sagte botter
VULSEL
  • 900 g ryp perskes (sowat 7 tot 8 grotes), geskil, pitte verwyder en gekap
  • 1/2 k bruinsuiker
  • 2 e mielieblom
  • 1/4 t fyn kaneel
  • 1 e suurlemoensap
  • vanieljeroomys, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. TERTDEEG Meng 1½ k koekmeel en ¼ t sout in ’n voedselverwerker. Voeg 4 e koue botter, in blokkies gesny, by; meng totdat dit fyn krummels vorm. Voeg nog 5 e opgesnyde koue botter by; meng totdat dit growwe krummels vorm. Meng 5 e yswater 1 e op ’n slag by totdat die deeg sy vorm behou wanneer jy dit saamdruk. Knie dit liggies op ’n werkoppervlak totdat die deeg saambind. Vorm ’n plat, ronde skyf; draai dit in kleefplastiek toe. Verkoel vir minstens 15 minute.
    2. Rol die deeg in ’n 35 cmsirkel uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en met ’n koekroller wat ook liggies bestrooi is. Plaas dit in ’n 22 cm-tertpan. Knip die deeg wat oorhang tot 1,5 cm; vou die deegrand binnetoe en druk dit vas om ’n verhewe rand te vorm. Verkoel vir 30 minute.
    3. Maak intussen die krummellaag: Plaas ’n gerande bakplaat wat met foelie uitgevoer is in ’n oond en voorverhit dit tot 220 °C. Meng die meel, hawermout, bruinsuiker, pekanneute, suurlemoenskil en sout met jou hande in ’n middelslagbak. Voeg die botter by en druk dit om klein klonte te vorm. Verkoel totdat jy dit nodig het.
    4. Verlaag die oondtemperatuur na 190 °C. Maak die vulsel: Meng al die bestanddele in ’n groot bak. Skep dit op die verkoelde tertdeeg en versprei dit in ’n egalige laag. Plaas die tert op die verhitte bakplaat en bak vir 35 minute. Sprinkel die krummellaag bo-oor. Bak vir nog 25 tot 30 minute of totdat die vulsel borrel en die kors goudbruin is.
    5. Laat die tert op ’n draadrak afkoel. Sit warm of by kamertemperatuur saam met vanieljeroomys voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 950 kJ, 6 g proteïen, 67 g koolhidrate, 21 g vet (11 g versadig), 4 g vesel, 235 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief