×
Skakel na Engels

Pavlova-stapel

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

MERINGUE
  • 6 eierwitte
  • 2 ml kremetart
  • 450 ml suiker
VULSEL
  • 2 houertjies roomkaas
  • 60 ml strooisuiker
  • 5 ml vanielje-ekstrak
  • 250 ml room, geklop
  • 80 ml grenadellapulp
BOLAAG
  • 4 perskes, in skyfies gesny
  • 4 kiwivrugte, geskil en in skyfies gesny (opsioneel)
  • 60 ml grenadellapulp
  • versiersuiker, om oor te sif
  • ’n hand vol kruisementblare, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 120 °C en smeer en voer twee bakplate met bakpapier uit.
    2. Klits die eierwitte en kremetart in ’n groot, skoon glasbak met ’n elektriese klitser totdat dit sagte punte vorm. Voeg die suiker 2 e op ’n slag by en klits goed ná elke byvoeging totdat al die suiker ingemeng is en die mengsel stywe, dik en glansende punte vorm.
    3. Verdeel die eierwitmengsel tussen die twee bakplate en smeer elkeen om ’n sirkel van sowat 25 cm in deursnee te vorm. Bak dit vir 1 uur en 20 minute tot 1 uur en 30 minute tot bros aan die buitekant, maar nog sag binne-in. Laat heeltemal afkoel.
    4. Maak intussen die vulsel. Klits die roomkaas en suiker in ’n groot bak totdat die suiker opgelos is. Voeg die vanielje-ekstrak by. Vou die room en grenadellapulp daarby in.
    5. Pak die pavlova-stapel: Plaas een meringue op ’n koekstaander en smeer die helfte van die roomkaasmengsel oor, gevolg deur die vrugte. Sit die ander meringue bo-op en herhaal die lae. Sif versiersuiker oor en garneer met kruisementblare. Sit onmiddellik voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief