×
Skakel na Engels

Paula se ma, Dulcie, se ingelegde vis

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIS
  • 1 kg vis, opgesny (my ma het altyd stokvis gebruik), met sout en peper gegeur en in olie gebraai nadat jy dit eers in melk (nie eier nie) en dan in meel gedoop het
  KERRIESOUS Berei die kerriesous terwyl die vis braai:
  • 2 uie
  • 6 peperkorrels
  • 3 lourierblare
  • 1 k water
  • 2 dessertlepels Cartwrights-kerriepoeier
  • 2 e Maizena
  • 1 opgehoopte eetlepel suiker
  • 1½ k asyn
  • 1 dessertlepel pitlose rosyntjies
 

Resep Aanwysings

    1. Kook die uie, peperkorrels en lourierblare in water.
    2. Meng die kerriepoeier, Maizena en suiker met ’n bietjie asyn om ’n pasta te maak. Voeg dan die res van die asyn by.
    3. Giet dit oor die kokende uie, voeg die rosyntjies by en roer deeglik.
    4. Laat dit oor ’n lae hitte kook totdat die uie sag is.
    5. Wanneer die vis klaar gebraai en nog warm is, skep dit in ’n diep opdienbak en giet die kerriesous oor.
    6. Laat vir twee dae in die yskas staan voordat jy dit voorsit.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief