×
Skakel na Engels

Parmesaan-portobello’s

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Parmesaanportobello’s

Resep Bestanddele

  • 4 portobellosampioene, stingels verwyder
  • ¼ t sout
  • 1 k Napolitaanse sous
  • 4 snye vars gesoute mozzarella
  • 4 e panko (Japanse broodkrummels)
  • varsgerasperde parmesaan
  • gesoteerde krulkool en ’n gesnyde baguette

Resep Aanwysings

    1. Plaas 4 portobellosampioene, stingels verwyder, met die gladde kante na onder op ’n foeliebedekte bakplaat; spuit met kleefwerende kossproei en geur met ¼ t sout. Bak by 230 °C vir 10 minute.
    2. Skep ¼ k Napolitaanse sous in elke sampioen; plaas ’n sny vars gesoute mozzarella bo-op elkeen, gevolg deur 1 e panko (Japanse broodkrummels). Spuit met kleefwerende kossproei.
    3. Bak vir nog 15 minute of totdat die kaas gesmelt het en die sampioene sag is. Garneer met varsgerasperde parmesaan.
    4. Sit voor met gesoteerde krulkool en ’n gesnyde baguette. Genoeg vir 4.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 655 kJ, 22 g proteïen, 30 g koolhidrate, 24 g vet (11 g versadig), 6 g vesel, 690 mg natrium.

    PERFEKTE PASMAAT: Kies ’n Italiaanse wyn! Probeer pinot grigio of prosecco.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief