×
Skakel na Engels

Pampoenkoekies

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Pumpkin fritters

Resep Bestanddele

  • 3 k pampoen, gebak en
  • fyngedruk
  • 1 geklitste eier
  • 1 1/2 k bruismeel
  • 1 1/2 t bakpoeier
  • 1 e suiker
  • 1 knippie sout
  • olie, om in te braai
  • 1/4 k suiker
  • 2 t fyn kaneel

Resep Aanwysings

    1. Meng die pampoen en eier.
    2. Voeg die meel, bakpoeier, 1 e suiker en sout by en meng om ’n beslag te maak.
    3. Verhit die olie in ’n diep pan oor matige hitte. Skep eetlepels vol beslag in die warm olie. Braai dit aan een kant tot goudbruin (sowat 2 minute) en draai dit dan om. Herhaal aan die ander kant.
    4. Skep dit uit en laat die koekies op kombuispapier dreineer.
    5. Meng die . k suiker en kaneel en sprinkel dit oor die koekies. Herhaal met die orige beslag.
    WENK: Dis ideaal vir ontbyt, kosblikke of ’n teepartytjie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief