×
Skakel na Engels

Oop vis oor die kole

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • ½ k botter, gesmelt
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van 2 suurlemoene
  • 1 sopie (2 t) gekapte pietersielie
  • 1 heel, vars vis, binnegoed uitgehaal, kop verwyder en skubbe afgekrap
  • olyf- of sonneblomolie
  • sout en peper

Resep Aanwysings

    Vra jou vishandelaar om die vis vir jou voor te berei. Kole: Medium tot baie warm
    1. Smelt die botter en meng  die knoffel, suurlemoensap  en pietersielie by. Jy gaan dié sous gebruik om die vis mee  te bedruip terwyl hy braai.
    2. ’n "Oop" vis het twee kante, ’n vleiskant en ’n velkant. Smeer of verf die olie aan albei kante en maal dan die sout  en peper oor die vleiskant.
    3. Sit die vis in ’n toeklaprooster en braai op matige tot warm kole met die vleiskant na onder vir omtrent 3 tot 4 minute, totdat die vleis ’n ligte goue kleur kry.
    4. Draai die rooster om en braai die vis met die vel kole se kant toe totdat hy gaar is. Altesame sal die braaityd tussen 14 en 20 minute wees en afhang van die grootte van die vis, die hoogte van die rooster en die hitte van die vuur. Verf die vis deurlopend met die suurlemoenbottersous wat jy gemaak het. Al moet jy dit tot ’n minimum probeer beperk, moet jy jou nie te veel daaroor bekommer as die velkant plek-plek effens brand nie – jy gaan nie die vel eet nie.
    5. Die vis is gereed wanneer die vleis wit geword het, van die bene af wegtrek wanneer jy daaraan wikkel en vlok wanneer jy ’n vurk insteek.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief