×
Skakel na Engels

Ontbytpizza met spek en gruyère

  • 10 min
  • 45 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
ontbyt-vir-aandete-resepte

Resep Bestanddele

  • 1 vel (250 g) bevrore blaardeeg, ontdooi
  • ⅓ k suurroom
  • ¾ k gerasperde gruyèrekaas
  • 4 repies gaar spek
  • 3 groot eiers
  • vars tiemieblare vir garnering

Resep Aanwysings

    Hierdie “pizza” met gebakte eiers is ’n heerlike idee vir ’n noenontbyt … of ’n oggendhappie op ’n weekdag:

    1. Verhit die oond tot 200 °C.
    2. Rol die deeg op ’n groot stuk pakpapier uit tot ’n reghoek van 30 cm x 25 cm. Vou 1 cm van die kante binnetoe om ’n rand te vorm. Seël dit met ’n vurk en steek gaatjies oral in die deeg. Plaas die deeg op ’n bakplaat en bak vir 20 minute tot goudbruin.
    3. Meng die suurroom en gruyèrekaas in ’n bakkie. Smeer dit oor die gaar deeg en vorm 3 holtes vir die eiers. Rangskik die spek bo-op die vulsel. Breek die eiers in die holtes en geur elke eier met ¼ t sout en varsgemaalde swartpeper.
    4. Bak in die oond vir sowat 12 minute totdat die eierwitte geset het, maar die gele nog loperig is. Garneer met tiemie.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 300 kJ, 12 g proteïen, 15 g koolhidrate, 22 g vet, (8 g versadig), 1 g vesel, 425 g natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief