×
Skakel na Engels

Mieliepotbroodjies met Kerriebotter

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Mieliepotbroodjies met Kerriebotter

Resep Bestanddele

POTBROODJIES
  • 4 mieliekoppe
  • 2 groot eiers
  • 150 ml melk
  • 5 ml sout
  • 10 ml witsuiker
  • 500 g koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
KERRIEBOTTER
  • 15 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 15 ml tamatiepasta
  • 100 ml water
  • 250 g sagte gesoute botter

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 6 klein terracottapotjies met botter.
    2. Sny die mieliepitte van die stronke af.
    3. Maal die helfte van die pitte in ’n voedselverwerker of met ’n stamper en vysel totdat dit ’n growwe pasta vorm.
    4. Meng die gemaalde en heel mieliepitte saam met die eiers en melk in ’n groot bak.
    5. Sif die sout, suiker, meel en bakpoeier in ’n afsonderlike bak saam. Voeg dit dan by die mieliemengsel. Roer liggies om te meng, maar moet dit nie te veel meng nie.
    6. Skep die deeg in die gesmeerde potjies en bak vir 30 tot 45 minute tot goudkleurig bo-op en totdat ’n eetstokkie skoon uitkom wanneer jy dit in die middel indruk.
    7. Maak die kerriebotter: Verhit die olie in ’n pan en soteer die ui tot deursigtig.
    8. Voeg die kerriepoeier en tamatiepasta by en braai dit vir 1 minuut oor lae hitte.
    9. Voeg die water by en laat kook dit vir 2 minute of totdat al die water verdamp en dit ’n dik kerriepasta gevorm het. Laat heeltemal afkoel.
    10. Meng nou die afgekoelde kerriepasta by die botter in en sit dit saam met die mieliepotbroodjies voor.
    WENK: As jy nie terracottapotjies het nie, kan jy dit in ’n muffinpan of as een groot brood bak.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief