×
Skakel na Engels

Mexikaanse strandstyl-vis

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 (170 g-) visfilette met vel aan, soos dorado
  • 2 t elk gedroogde origanum en brandrissiepoeier
  • ¾ t gemaalde komyn
  • 1 ½ t growwe sout
  • 3 e olyfolie
  • 3 e grofgekapte vars koljander
  • 1 lemmetjie, gehalveer

Resep Aanwysings

    1. Sit die vis in ’n bak wat net groot genoeg is om dit als in ’n enkellaag in te kry. Meng die origanum, brandrissiepoeier, komyn en sout saam in ’n klein bakkie; gooi die olyfolie en koljander by. Vryf die speserymengsel oor die vis. Bedek die vis en sit dit vir tot twee ure in die yskas as jy dit nie dadelik gaan braai nie.
    2. Smeer olie oor ’n skoon rooster. Die kole is reg as jy jou hand 10 cm bo die kole vir 2 tot 3 sekondes kan hou. Of verhit die oond se roosterelement op hoog.
    3. Braai die vis velkant na onder, sonder om dit om te draai, tot die vel maklik met ’n spatula losgewikkel kan word (ongeveer 3 minute). Draai die vis om en braai tot dit maklik vlok wanneer jy dit druk en ondeurskynend in die middel is (3 tot 4 minute).
    4. Skep dit oor in ’n bak en druk ’n halwe lemmetjie daaroor uit. Sny die oorblywende halwe lemmetjie in wiggies en sit dit saam met die vis voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 140 kJ, 14 g vet, 33 g proteïen, 2 g koolhidrate.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief