×
Skakel na Engels

Meellose brownies

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 75 g ongesoute botter, gekap, plus ekstra om te smeer
  • 250 g donker sjokolade (70% kakao), gekap
  • 15 g kakaopoeier
  • 2 t vanielje-ekstrak
  • 250 g strooisuiker
  • 4 groot eiers
  • 100 g gemaalde amandels

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige 20 cm-pan met bakpapier uit en en smeer liggies.
    2. Smelt die botter en sjokolade saam in ’n groot kastrol oor lae hitte. Roer af en toe. Haal van die plaat af en klits die kakaopoeier, vanielje en suiker by tot goed gemeng.
    3. Klits die eiers een-een by voordat jy die amandels inroer. Skraap dit in die pan uit en maak gelyk.
    4. Bak vir 25 tot 30 minute of totdat dit ferm is wanneer jy daaraan raak. Laat dit heeltemal in die pan afkoel. Verkoel vir minstens een uur voordat jy dit in blokkies sny.

    OM TE BÊRE: Sodra dit afgekoel het, draai dit dig in foelie toe of bêre dit by kamertemperatuur in ’n lugdigte houer vir tot 5 dae.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief