×
Skakel na Engels

Malvapoeding

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Malvapoeding

Resep Bestanddele

POEDING
  • 1 k suiker
  • 1 e sagte botter
  • 1 eier
  • 1 k melk
  • 1 e appelkooskonfyt
  • 1/2 t sout
  • 1 t koeksoda
  • 1 t asyn
  • 1 k koekmeel
STROOP
  • 1/2 k botter
  • 1/2 k room
  • 1/2 k suiker
  • 1/2 k melk
  • 1 t vanieljegeursel
VIR OPDIENING
  • room, vla of roomys

Resep Aanwysings

    1. Om die poeding te maak verroom die suiker en botter totdat dit lig en donsig is. Voeg die eier by en meng.
    2. Voeg die melk, konfyt en sout by en meng.
    3. Roer die koeksoda by die asyn en voeg dit dan by die mengsel.
    4. Meng die meel liggies by. Bak dit in ’n gesmeerde oondvaste bak by 180 °C vir 45 minute.
    5. Om die stroop te maak smelt die botter, room, suiker en melk saam in ’n kastrol oor lae hitte.
    6. Verwyder van die hitte en voeg die vanieljegeursel by.
    7. Giet die stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.
    8. Sit dit voor met room, vla of roomys.
    WENK: Laat die stroop intrek om die poeding klam en smaaklik te maak.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief