×
Skakel na Engels

Lekkerste romerige sampioene

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 e olyfolie
  • 400 g sampioene, gewas en grofgekap
  • 3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
  • 150 ml room
  • 2 e tot 3 e vars pietersielie, gekap
  • sap van ½ tot 1 suurlemoen (na smaak)
  • sout en peper na smaak
VIR OPDIENING
  • dik snye geroosterde suurdeegbrood
  • gebakte eiers
  • brandrissie-olie/vars brandrissies

Resep Aanwysings

    1. Verhit ’n groot pan of wok tot baie warm.
    2. Voeg die olyfolie by en braai die sampioene en knoffel tot goudbruin en totdat dit ’n sous begin vorm.
    3. Voeg die room, pietersielie en suurlemoensap by en laat vir 5 tot 10 minute kook totdat die sous effens verdik het en die sampioene na jou smaak gaar is.
    4. Geur na smaak. Sit voor op roosterbrood met eiers en brandrissie-olie of vars brandrissies.
     

    Alida Ryder

     
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief