×
Skakel na Engels

Lamskroonbraad met koeskoesvulsel

  • 45 min
  • 40 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Lamskroonbraad met koeskoesvulsel

Resep Bestanddele

  • 3 stukke lamskroonbraad, by kamertemperatuur, vet verwyder
  • 25 ml olyfolie
  • 25 g vars pietersielie
  • 4 takkies tiemie, blaartjies afgepluk
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 e korrelmosterd

VIR DIE VULSEL

  • ’n paar knippies saffraan, opsioneel
  • 100 g koeskoes
  • 40 g dennepitte
  • 50 g botter
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 t droë kruisement
  • 1 groot eier, geklits
  • 50 g droë vye, fyngekap
  • 75 g fetakaas, gekrummel
  • granaatpitte, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die lamsvleis in ’n sirkelvorm op ’n bakplaat. Plaas die olie, pietersielie (stingels en al), tiemieblare, knoffel, mosterd en ’n bietjie geurmiddels in die klein bakkie van ’n voedselverwerker. Zirts tot goed gemeng. Of maak die kruie, knoffel en geurmiddels saam met die olie met ’n stamper en vysel fyn en voeg dan die mosterd by. Vryf die mengsel oor die vleis en rooster vir 25 minute.
    2. Maak intussen die vulsel. Plaas die saffraan, indien jy dit gebruik, in ’n bak; bedek met ’n bietjie kookwater. Laat trek vir 5 minute. Plaas die koeskoes en saffraanmengsel, indien jy dit gebruik, in ’n hittebestande bak; voeg kookwater by om die koeskoes net-net te bedek. Maak dig toe met kleefplastiek; laat staan vir 5 minute.
    3. Rooster die dennepitte in ’n droë pan tot goudkleurig (hou dop – dit raak skielik bruin). Keer dit op ’n bord uit. Plaas die pan weer op die hitte met die botter en ui; braai liggies vir 5 minute tot sag. Voeg die knoffel by; braai vir 1 minuut. Haal die pan van die hitte af.
    4. Maak die koeskoes met ’n vurk los; meng die ui, dennepitte, kruisement, eier, vye, fetakaas en geurmiddels by.
    5. Haal die lam versigtig uit die oond; skep die vulsel in die opening in die middel. Plaas terug in die oond vir 15 minute vir pienk vleis (of langer as jy dit gaarder verkies).
    6. Plaas die lam versigtig op ’n snyplank met behulp van ’n spaan (sodat die vulsel op sy plek bly). Bedek met ’n paar lae foelie; laat rus vir 20 minute. Sprinkel die granaatpitte oor. Om voor te sny, sny tussen die bene deur om kotelette te vorm.
    7. ELKE PORSIE: 2 390 kJ, 28 g proteïen, 46 g vet (21 g versadigde vet), 11 g koolhidrate (4 g totale suiker), 1 g vesel.
    8. WERK VOORUIT: Voltooi stappe 2 tot 4 tot 1 dag voor die tyd, maar moenie die eier byvoeg nie. Bedek en verkoel. Om op te dien, voltooi stap 1, laat die vulsel kamertemperatuur bereik, meng die eier in en voltooi die resep.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief