×
Skakel na Engels

Konfytpoedings en geroosterde perskes

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Konfytpoedings & geroosterde perskes

Resep Bestanddele

  • 2 e suurlemoensap
  • 2 e aarbei- of frambooskonfyt
  • 1 k elk frambose en braambessies (of enige ander bessies)
  • 4 perskes
  • olyfolie
  • 1 k room
  • 1 k ongegeurde Griekse of dubbeldik jogurt

Resep Aanwysings

    1. Klits die suurlemoensap en aarbei- of frambooskonfyt in ’n groot bak saam.
    2. Voeg die bessies by. Meng om te bedek; laat staan vir 5 minute.
    3. Sny die perskes middeldeur; gooi die pitte weg. Verf die gesnyde kante met olyfolie en rooster dit totdat dit roostermerke het – sowat 3 minute per kant.
    4. Klits die room en jogurt saam tot sagtepuntstadium.
    5. Skep die bessies en die jogurt-en-roommengsel om die beurt in Consol-flessies. Sit met geroosterde perskes voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief