×
Skakel na Engels

Koeskoesslaai met geroosterde groente

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 middelslag- rooi soetrissies, ontpit en in kwarte gesny
  • 2 portobello-sampioene, stingels verwyder
  • 2 suurlemoene, gehalveer
  • 2 e olyfolie
  • ½ t sout
  • 140 g roket
  • 120 g pecorinokaas (1 k), in happiegrootte blokkies gesny
  • 1 k gaar koeskoes
  • 3 e olyfolie
  • ½ t elk sout en peper

Resep Aanwysings

    1. Verf die soetrissies, portobello-sampioene en suurlemoene met die olyfolie. Sprinkel die sout oor.
    2. Braai die sampioene oor matige tot warm kole vir ’n paar minute of tot sag. Draai dit een keer om.
    3. Braai die suurlemoene met die gesnyde kante na onder vir 8 minute of totdat dit roostermerke het.
    4. Braai die soetrissies vir 6 minute of tot sag. Draai dit een keer om.
    5. Meng die roket; pecorinokaas, koeskoes, olyfolie en sout en peper.
    6. Sny die soetrissies in dun repies en kap die sampioene op. Voeg dit by die roketmengsel en druk die suurlemoene se sap daaroor uit. Meng goed.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 890 kJ, 19 g proteïen, 42 g koolhidrate, 23 g vet (7 g versadig), 5 g vesel, 920 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief