×
Skakel na Engels

Kerspoeding met ’n versteekte lemoen

  • 30 min
  • 8 min
  • 8
  • Medium
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 middelslag-lemoen
  • 800 g strooisuiker
  • 1 kaneelstokkie
  • 150 g rosyntjies
  • 150 g sultanas
  • 150 g gedroogte appelkose
  • 175 ml Cointreau
  • botter om te smeer
  • 2 t gemengde speserye
  • 1 e gemaalde kaneel
  • 150 g donker growwe suiker
  • 100 g bruismeel
  • 75 g vars witbroodkrummels
  • 2 groot eiers, geklits
  • 100 g vegetariese harde vet
  • die skil van 2 lemoene, fyn gerasper

Resep Aanwysings

    1. Om die lemoen te versuiker, druk verskeie gaatjies met ’n sosatiestokkie daarin. Plaas die lemoen in ’n klein pot en bedek met koue water. Bring tot kookpunt en laat prut dit dan vir 2 uur (vul die water aan soos nodig sodat die lemoen met water bedek bly). 
    2. Verwyder die lemoen uit die pot en gooi die kookwater uit. Meet 800 ml water in die leë pot af, voeg strooisuiker en die kaneelstokkie by, verhit geleidelik terwyl jy die water gereeld roer, totdat die suiker opgelos het. Bring tot kookpunt, voeg die lemoen by, plaas die deksel op en laat prut vir ’n uur. Haal die deksel af en laat prut vir ’n verdere 30 minute. Haal van die hitte af, bedek en laat die lemoen oornag in die pot afkoel.
    3. Meng intussen die droëvrugte en Cointreau in ’n groot bak (nie metaal nie). Bedek en laat oornag en by kamertemperatuur week.
    4. Smeer ’n 1,1-liter-skottel met botter en voer dit met bakpapier uit. Plaas ’n vierkantige 35,5 cm-stuk foelie bo-op ’n vierkantige stuk bakpapier van dieselfde grootte. Maak ’n vou van 4 cm in die middel en hou eenkant.
    5. Voeg die oorblywende bestanddele by die geweekte vrugte, asook 2 e stroop van die lemoenpot, en roer goed. Skep ’n derde van die mengsel in die voorbereide skottel en druk dit styf vas. Sit die lemoen in die middel van die poeding. Skep die res van die mengel om en bo-op die lemoen; maak seker dit is goed bedek.
    6. Plaas die gevoude foelie en bakpapier (foelie na bo) bo-op die skottel en vee plat om te bedek. Bind ’n lang stuk tou onder om die rand van die skottel en maak dan ’n lus wat as handvatsel kan dien.
    7. Om gaar te maak, plaas ’n hittebestande piering onder in ’n diep, groot pot met ’n deksel wat stewig pas. Laat sak die poeding in die pot en voeg genoeg water by (probeer dat daar nie water op die poeding beland nie) sodat die skottel halfpad met water bedek is. Sit die deksel op, bring tot kookpunt en stel dan die hitte laer sodat die poeding vir 4 ½ uur prut. Voeg water by soos nodig.
    8. As jy dit dadelik gaan voorsit, lig die poeding versigtig uit die pot aan die handvatsel en laat staan vir ’n paar minute. Verwyder die deksel, dop die poeding op ’n bord met ’n rand uit, trek die bakpapier af en sit voor.
    9. As jy dit vooruit maak, laat die poeding heeltemal afkoel (buite die pot). Wanneer dit afgekoel het, draai die skottel, steeds met die foelie op, styf in kleefplastiek toe en dan nog ’n laag foelie. Bêre in die vrieskas vir tot 6 weke.
    10. ELKE PORSIE: 2 160 kJ, 6 g pr0teïen, 13 g totale vet (6 g versadig), 63 g suiker, 8 g koolhidrate, 4 g vesel.

    Om die poeding te verhit:

    Verwyder die boonste laag foelie, kleefplastiek en die gevoude deksel. Bedek die skottel met nuwe bakpapier en foelie soos voorheen. Volg die instruksies in stap 7, verhit vir 1½ uur vanaf yskystemperatuur. Laat staan vir ’n paar minute, verwyder die deksel, keer die poeding op ’n bord met ’n rand uit, verwyder die bakpapier en sit voor.

    Wenk: 'n Heel versuikerde lemoen as verrassing gee vanjaar se poeding daardie sjoe-faktor. Gebruik enige van die oorblywende lemoenstroop in feestelike skemerkelkies of warm sjokolade.  
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief