×
Skakel na Engels

Kerskransslaai

  • 15 min
  • 5 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 75 g okkerneutstukkies
  • 130 g-sak gemengde groenslaaiblare
  • 3 pere, geskil, ontklok en in skyfies gesny
  • 250 g bloukaas, gekrummel
  • 50 g granaatpitte
  • baguette, om voor te sit (opsioneel)

VIR DIE SLAAISOUS

  • 2 e witwynasyn
  • 1 e loperige heuning
  • 1 t korrelmosterd
  • 2 e olyfolie

Resep Aanwysings

    1. Verhit ’n groot, droë pan en rooster dan die okkerneutstukkies vir 3 tot 5 minute daarin totdat die neute ruik of dit gerooster is. Skud die pan gereeld. Gooi in ’n bak en plaas eenkant om af te koel.
    2. Klits die bestanddele vir die slaaisous saam met ’n bietjie sout en varsgemaalde swartpeper in ’n klein opdienbakkie. Plaas eenkant.
    3. Rangskik die slaaiblare in ’n ronde kransvorm op ’n groot plank of opdienbord. Pak die peerskyfies en bloukaas plek-plek bo-op. Sprinkel die granaatpitte en geroosterde, afgekoelde okkerneute bo-oor.
    4. Plaas die bakkie met die slaaisous in die middel van die krans en sit voor met ’n gesnyde baguette.

    ELKE PORSIE: 1 450 kJ, 13 g proteïen, 27 g vet (11 g versadig), 11 g koolhidrate (11 g totale suiker), 3 g vesel.

    WERK VOORUIT: Maak die slaaisous tot ’n dag vooraf. Bêre dit in ’n fles in die yskas. Voltooi die resep en sit voor. (Moenie die pere te vroeg sny nie; dit sal bruin raak.)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief