×
Skakel na Engels

Kerriehoenderburgers met raita

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 500 g vellose hoenderborsies
  • 2 e matige kerriepasta
  • ’n klein hand vol vars koljander, grofgekap
  • sout en peper
  • 1 e kookolie
VIR DIE RAITA
  • ½ komkommer
  • 100 g ongegeurde jogurt
  • 6 vars kruisementblare, grofgekap
VIR OPDIENING
  • 2 groot naanbrode, gehalveer, of 4 individuele naanbrode
  • rooi-ui, in dun skyfies gesny
  • mangoblatjang

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
    2. Meng die hoender, kerriepasta, die helfte van die koljander en ’n bietjie geurmiddels in ’n voedselverwerker tot fyn. Skep die mengsel versigtig uit en vorm vier ewe groot patties.
    3. Verhit die olie in ’n groot kleefwerende pan oor mediumhoë hitte en braai die patties vir 5 minute tot goudkleurig aan albei kante. Draai een keer. Skep die patties op ’n bakplaat en bak dit in die oond vir 12 tot 15 minute tot deurgaar.
    4. Maak intussen die raita. Sny die helfte van ’n komkommer in dun skyfies en hou eenkant. Rasper die orige komkommer grof, hou dit oor ’n wasbak en druk soveel as moontlik sap daaruit. Plaas die gerasperde komkommer in ’n bakkie saam met die jogurt, kruisement, orige koljander en geurmiddels na smaak. Roer om te meng.
    5. Plaas die naanbrood in die oond 5 minute voordat die patties moet uitkom om dit op te warm. Sit die patties op die naanbrood voor. Sit van die gesnyde komkommer en rooi-ui, asook ’n skeppie elk van die mangoblatjang en raita bo-op elkeen.

    ELKE PORSIE: 1 400 kJ, 36 g proteïen, 9 g vet (1 g versadigde vet), 27 g koolhidrate (4 g suiker), 2 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief