×
Skakel na Engels

Kerrie met lamsmaalvleis

  • 50 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Kerrie met lamsmaalvleis

Resep Bestanddele

  • 500 g lamsmaalvleis
  • 500 g botterskorsie (gewig nadat dit geskil en gesny is), geskil, pitte verwyder en in 1,5 cm-blokkies gesny
  • 2 e kerriepasta (ons het tikka masala gebruik)
  • 400 ml-blik klappermelk
  • 150 g spinasie
  • 1 e olyfolie

Resep Aanwysings

     
    1. Verhit die olyfolie in ’n groot, diep pan oor mediumhoë hitte. Braai die maalvleis (in sarsies) totdat dit behoorlik bruin is. Skep dit met ’n gaatjieslepel in ’n bak uit en gooi enige oortollige vet weg. Plaas die pan oor matige hitte en braai die botterskorsie vir 8 tot 10 minute totdat dit begin karamelliseer.
    2. Skep die maalvleis terug in die pan, voeg die kerriepasta by en braai vir 1 minuut terwyl jy roer. Voeg 300 ml kookwater by. Bring tot kookpunt en laat prut vir 15 minute totdat die botterskorsie sag is.
    3. Voeg die klappermelk by en laat prut vir ’n paar minute. Vou die spinasie in sodat dit kan sag raak en geur na smaak. Sit dadelik voor.
    ELKE PORSIE Sowat 2 320 kJ, 29 g proteïen, 39 g vet (23 g versadig), 19 g koolhidrate (8 g totale suiker), 4 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief