×
Skakel na Engels

Kerrie met groente en tofu

  • 20 min
  • 20 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e kookolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 2 e matige kerriepasta
  • 165 ml klappermelk
  • 300 ml groente-aftreksel
  • 300 g mengsel van blomkool en broccoli
  • 200 g bevrore ertjies
  • 150 g tofu, in blokkies gensy
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ’n groot hand vol spinasie

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die uie stadig oor ’n lae hitte (omtrent 10 minute). Voeg knoffel en kerrie by en braai vir ’n verdere minuut.
    2. Roer die klappermelk en aftreksel by. Bring tot kookpunt; verlaag die hitte en voeg die blomkool en broccoli by. Prut vir 5 minute totdat dit net-net gaar is.
    3. Voeg die ertjies en tofu by en verhit. Roer die spinasie deur en sit saam met bruinrys voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 780 kJ, 10 g vet (8 g versadigde vet), 10 g koolhidrate (3 g totale suiker).

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief