×
Skakel na Engels

Kampvuurhappies

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Kampvuurhappies

Resep Bestanddele

Tuisgemaakte malvalekkers:
  • 1 k koue water
  • 70 g gelatienpoeier
  • 1 1/2 k witsuiker
  • 1 k esdoringgegeurde stroop
  • 1/4 t sout
  • 1 e vanieljeekstrak
  • 1/2 k versiersuiker
  • 1/4 k mielieblom
Kampvuurhappies:
  • Suiglekkerstokkies
  • Gesmelte donker sjokolade
  • Fyngekapte veselbeskuitjies

Resep Aanwysings

    Tuisgemaakte malvalekkers:

    Hierdie donssagte lekkernye sal in jou mond smelt en jou na nog ’n happie laat smag:

    1. Vul ’n staanmenger se bak met 1/2 k koue water; sprinkel 70 g gelatienpoeier oor.
    2. Meng 1 1/2 k witsuiker, 1 k esdoringgegeurde stroop, 1/2 k water en 1/4 t sout in ’n 2 l-pot. Kook op medium-hoë hitte totdat dit 115 °C op ’n lekkergoedtermometer bereik (6 tot 13 minute). Verwyder van die hitte.
    3. Skakel die menger op ’n lae spoed aan; giet die suikerstroop geleidelik by die gelatien. Meng dit dan op ’n hoë spoed vir 15 minute of totdat dit baie dik is. Meng 1 e vanieljeekstrak by.
    4. Klits 1/2 k versiersuiker en 1/4 k mielieblom in ’n middelslagbak saam. Voer ’n 33 cm x 22 cm-bakpan met bakpapier uit; bestuif mildelik met van die mielieblommengsel. Skep die malvalekkermengsel in die voorbereide pan; versprei dit met ’n geoliede spatel. Bestuif die bokant met die orige mielieblommengsel; druk dit liggies met jou hande om dit tot in die hoeke te versprei. Laat staan vir 6 uur of tot ferm.
    5. Trek die bakpapier van die malvalekkers af. Sny die lekkers met ’n sjefsmes of ’n kombuisskêr in 2,5 cmblokkies. Bêre in ’n lugdigte houer vir tot 1 maand. Die resep maak sowat 7 dosyn malvalekkers.

    Kampvuurhappies:

    1. Steek suiglekkerstokkies in die tuisgemaakte malvalekkers, in blokkies gesny; doop in gesmelte donker sjokolade en besprinkel met fyngekapte veselbeskuitjies. Maak 7 dosyn.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief