×
Skakel na Engels

Kampioen-kaasburger

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIR DIE BURGERS
  • 500 g hoëgehalte-beesmaalvleis
  • ½ klein ui, fyngekap
  • 1 middelslag-eier
  • ½ e Dijon-mosterd
  • 100 g vars broodkrummels
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 e sonneblomolie
  • 8 snye cheddarkaas
VIR OPDIENING
  • 4 sesamsaad-burgerrolletjies
  • baba-gem-blaarslaai
  • tamatieskywe (opsioneel)
  • agurkies, in repies gesny (opsioneel)

Resep Aanwysings

    1. Meng die maalvleis, ui, eier, mosterd, broodkrummels en geurmiddels na smaak in ’n groot mengbak. Verdeel die mengsel in vier, vorm dit met jou hande in balle en druk dit plat om patties te vorm. Plaas dit op ’n bord, bedek en verkoel vir 30 minute.
    2. Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit die olie in ’n groot pan oor medium-hoë hitte en braai die patties vir 8 minute totdat dit aan albei kante bruin is. Draai net een keer om. Plaas die patties op ’n bakplaat en plaas ’n sny kaas op elkeen. Bak vir 12 minute in die oond. Plaas ná 6 minute nog ’n sny kaas op elkeen.
    3. Rooster intussen die burgerrolletjies. Wanneer die patties gaar is, plaas elkeen op ’n rolletjie met blaarslaai, tamatie en agurkies (opsioneel). Sit voor met aartappelskyfies of ’n groen slaai.
    ELKE PORSIE: Sowat 3 015 kJ, 39 g vet (18 g versadigde vet), 45 g koolhidrate (3 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief