×
Skakel na Engels

Italiaanse stapels met eiervrug, soetrissie en mozzarella

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Italiaanse torings met eiervrug, soetrissie en mozzarella

Resep Bestanddele

  • 2 e kappertjiesaad, grofgekap
  • 1 medium-warm brandrissie, soos jalapeño, grofgekap
  • 1 e vars origanum, marjoram of basilieblare, grofgekap
  • ¼ k ekstrasuiwer olyfolie, plus ekstra vir rooster
  • 1 groot rooi soetrissie, sade uitgehaal en in 8 ringe van 1,5 cm gekap
  • 2 middelslag-eiervrugte, in 12 skywe van 0,5 cm gekap
  • growwe sout
  • 230 g vars mozzarella, in 8 skywe van ongeveer 0,5 cm gesny

Resep Aanwysings

    1. Die kole is reg wanneer jy jou hand vir 4 tot 5 sekondes 10 cm bo die kole kan hou. As jy die oond gebruik, verhit die roosterelement op medium-hoog.
    2. Meng die kappertjiesaad, brandrissie, kruie en olyfolie saam in ’n bakkie.
    3. Borsel die soetrissieringe liggies met die olyfolie en braai tot dit sag is, draai om wanneer dit verbruin (ongeveer 5 minute per kant). Skep dit in ’n bak uit en bedek sodat dit verder sag kan raak.
    4. Borsel elke eiervrugskyf met olyfolie en sprinkel sout oor; braai tot dit baie sag is, draai om wanneer dit verbruin (ongeveer 4 minute per kant).
    5. Sit ’n eiervrugskyf op elk van die vier borde neer, dan ’n soetrissiering en dan ’n skyf mozzarella. Drup ’n bietjie kappertjie-brandrissie-olie bo-oor die kaas en herhaal. Eindig elke stapeltjie met ’n eiervrug, en ’n spatsel kappertjie-brandrissie-olie. Sit dit saam met vars plaasbrood en ’n slaai voor vir ’n heerlike vegetariese maaltyd.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 590 kJ, 31 g vet, 12 g proteïene, 16 g koolhidrate.  
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief