×
Skakel na Engels

Inkvis-en-soetrissieslaai

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Inkvis-en-soetrissieslaai

Resep Bestanddele

  • 3 rooi soetrissies
  • 1 e olyfolie
  • 400 g baba-inkvis, skoongemaak, lyfdeel in ringe gesny (hou die tentakels heel, as jy dit gaan gebruik)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 40 g geroosterde, gekapte haselneute
  • 50 g pampoenpitte
  • ’n handjie vol vars kruisementblare, grofgekap
  • 100 g roket
VIR DIE SLAAISOUS
  • 1 t Dijon-mosterd
  • 1 e rooiwynasyn
  • 1 t loperige heuning
  • 3 e ekstrasuiwer olyfolie

Resep Aanwysings

    1. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Sny intussen die soetrissies in dik repe. Plaas die repe in ’n bak en meng met ’n bietjie olie. Braai die repe met die skil na onder in die riffelpan (moet dit nie te veel rondskuif nie) totdat dit begin swart raak en die skil bars. Draai die repe om en braai dit aan die ander kant. Skep dit in ’n groot opdienbak of -bord.
    2. Meng intussen die bestanddele vir die slaaisous in ’n bakkie en hou dit eenkant.
    3. Plaas die leë riffelpan weer oor hoë hitte. Geur die inkvis liggies en meng dit met die oorblywende olie in die leë soetrissiebakkie. Roerbraai dit in die riffelpan vir 1 minuut. Braai ’n bietjie op ’n slag - die pan moenie oorvol wees nie.
    4. Voeg die haselneute, pampoenpitte, kruisement, roket, inkvis en slaaisous by die soetrissies. Meng liggies en sit met korserige brood voor as jy wil.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 530 kJ, 26 g vet (3 g versadigde vet), 13 g koolhidrate (9 g totale suiker), 22 g proteïen, 4 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief