×
Skakel na Engels

Individuele salmblini’s

  • 30 min
  • 15 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Individuele salmblini's

Resep Bestanddele

VIR DIE BLINI’S

  • 125 g crème fraîche
  • 150 ml melk
  • 2 groot eiers, geskei
  • 75 g bokwietmeel
  • 125 g gewone meel
  • 1 t kitsgis
  • 25 g botter

VIR OPDIENING

  • 250 g crème fraîche
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sowat 225 g gerookte salm, in repies gesny
  • ’n hand vol bronkors
  • kaviaar, opsioneel

Resep Aanwysings

    1. Vir die blinimengsel, verhit die crème fraîche en melk in ’n pot en roer totdat dit net warm is. Klits die eiergele in. Meng die mele, gis en ¼ t sout in ’n groot bak. Voeg die melkmengsel by en meng goed. Bedek en laat rys op ’n warm plek vir 1 uur.
    2. Klits die eierwitte in ’n afsonderlike bak totdat dit halfferm punte vorm. Vou/roer dit by die gismengsel in. Bedek weer en plaas op ’n warm plek vir 1 uur.
    3. Smelt van die botter in ’n groot pan oor matige hitte. Skep die blinimengsel in ruwe sirkels van sowat 10 tot 12,5 cm in deursnee; los ’n bietjie spasie tussen elkeen. Vul die pan tot vol. Bak vir ’n paar minute totdat dit goudkleurig aan die onderkant is en die borrels bo-op geset het. Draai dit versigtig om en bak tot goudkleurig en deurgaar. Skep op ’n draadrak uit om af te koel. Gaan voort met die res van die botter en blinimengsel totdat jy 8 blini’s gemaak het.
    4. Meng die crème fraîche en die suurlemoenskil met ’n bietjie sout en peper.
    5. Om voor te sit, skep die blini’s op ’n groot opdienbord of 8 individuele borde. Verdeel die crème fraîche-mengsel tussen die blini’s en smeer dit effens. Bedek elkeen met salm, bronkors, swartpeper en kaviaar, as jy wil. Sit voor.
    6. ELKE PORSIE: 1 500 kJ, 13 g proteïen, 25 g vet (15 g versadigde vet), 20 g koolhidrate (2 g totale suiker), 1 g vesel.
    7. WERK VOORUIT: Berei tot 1 dag voor die tyd tot aan die einde van stap 4. Sodra dit afgekoel het, bedek en verkoel die blini’s. Bedek die crème fraîchemengsel; verkoel. Vir opdiening, laat die blini’s kamertemperatuur bereik en sit alles tot 20 minute voor die tyd aanmekaar.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief