×
Skakel na Engels

Hoender in spek met jalapeñorissies en roomkaas

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Hoender in spek met jalapeñorissies en roomkaas

Resep Bestanddele

  • 4 hoenderborsfilette, vel verwyder
  • sout en peper
  • 120 g roomkaas (enige geur; kruiegeur en die soetrissiegeur is goeie opsies)
  • 3 tot 4 vars of ingemaakte jalapeño’s, saadjies verwyder en in blokkies gesny
  • 150 g cheddarkaas, gerasper (vir 'n robuuste smaak, gebruik beleë cheddar)
  • 8 tot 10 repies spek (genoeg om die hoenderborsies mee toe te draai)

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
    2. Plaas die hoenderborsfilette op ’n snyplank of skoon werkoppervlak en kap dit met ’n vleishamer (of soortgelyke stomp voorwerp) plat.
    3. Geur albei kante van die plat hoenderfilette met sout en peper.
    4. Plaas ’n kwart van die roomkaas in die middel van elke plat hoenderfilet, voeg  die jalapeño’s by en strooi die cheddarkaas bo-oor.
    5. Rol die hoenderfilette met die vulsels binne-in styf op. Draai die hoender in genoeg spek toe om die buitekant te bedek en plaas in ’n gesmeerde oondpan.
    6. Bak vir 30 tot 35 minute tot gaar.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief