×
Skakel na Engels

Hoender op kaserige preie

  • 55 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Hoender op kaserige preie

Resep Bestanddele

  • 3 preie, in dun skyfies gesny
  • 150 g roomkaas in kruiegeur, saggemaak
  • 4 hoenderborsfilette
  • 8 parmahamskyfies
  • 75 g ciabatta-styl-brood, in klein stukkies geskeur
  • 3 e olyfolie

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Braai die preie liggies vir 15 minute in 1 e olyfolie in ’n groot pan tot sag. Roer die roomkaas en 100 ml water by. Geur. Keer dit in ’n oondvaste opdienbak uit.
    2. Draai elke hoenderborsfilet in 2 skyfies parmaham toe en druk dit tussen die preiemengsel in. Meng die brood met 2 e olyfolie en ’n bietjie geurmiddels. Strooi dit bo-oor. Bak vir 20 tot 25 minute totdat die hoender deurgaar en die brood goudkleurig is. Sit dit saam met seisoenale groente voor as jy wil.
    ELKE PORSIE Sowat 1 870 kJ, 41 g proteïen, 25 g vet (13 g versadig), 12 g koolhidrate (3 g totale suiker), 4 g vesel
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief