×
Skakel na Engels

Hoender-en-spinasieroerbraai met gemmer

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 knoffelhuisies
  • 1 e geskilde en gekapte vars gemmer
  • 2 e kanola-olie
  • 570 g vellose hoenderdye
  • ¼ t elk sout en peper
  • 2 e geel of wit miso
  • 2 e water
  • 280 g afgespoelde babaspinasie
  • 3 k gaar bruinrys

Resep Aanwysings

    1. Roerbraai die knoffel en gemmer vir 3 minute in ’n 30 cm-pan oor matige hitte in die kanola-olie. Voeg die hoenderdye, grofgekap, en sout en peper by. Braai vir 4 minute.
    2. Klits die miso en die water in ’n klein bakkie tot glad. Voeg dit, asook die babaspinasie by die hoender. Bedek en laat vir 3 minute kook of totdat die spinasie begin verwelk.
    3. Roer af en toe. Sit dit saam met die bruinrys voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 800 kJ, 34 g proteïen, 39 g koolhidrate, 15 g vet (2 g versadig), 5 g vesel, 685 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief