×
Skakel na Engels

Hemelse heuningskons

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 225 g bruismeel, plus ekstra om mee te bestrooi
  • 100 g volgraanmeel
  • 1½ t bakpoeier
  • ’n knippie sout
  • 50 g koue ongesoute botter, in blokkies gesny
  • 2 e heuning
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • 150 ml laevetmelk
  • 1 klein eier, liggies geklits laevet-roomkaas, vir opdiening (opsioneel)
  • vars aarbeie, gehalveer, vir opdiening (opsioneel)

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. 2. Plaas die bruismeel, volgraanmeel, bakpoeier, sout en botter in ’n groot bak. Vryf die botter met jou vingers in die meel in totdat alles goed gemeng is. Dit moet soos meel lyk sonder enige botterklonte. 3. Maak ’n holte in die meelmengsel, voeg die heuning, vanielje-ekstrak en melk by en meng dit met ’n mes. Dit sal ’n paar groot klonte vorm. Gebruik jou hande om die mengsel in een bal gladde deeg te druk. 4. Strooi ’n bietjie meel op ’n skoon werkoppervlak en keer die deeg daarop uit. Rol die deeg met ’n koekroller tot 2 cm dik uit. Druk die skons met ’n ronde 6 cm hoë koekiedrukker met regaf rande uit. Spasieer die skons op die bakplaat. Rol die deeg weer uit totdat jy alles gebruik en agt skons gemaak het. 5. Verf net die bokante van die skons met die eier. Bak vir 10 tot 12 minute of totdat die skons goed gerys het en goudbruin is. 6. Haal uit die oond en laat dit afkoel totdat jy daaraan kan vat. Sit dit vars en warm uit die oond voor. Dis heerlik gehalveer met ’n skeppie roomkaas en gehalveerde aarbeie bo-op.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief